Uit die
blou van onse hemel,
|
|
Uit die
diepte van ons see,
|
|
Oor ons
ewige gebergtes
|
|
Waar
die kranse antwoord gee.
|
|
Deur
ons vêr verlate vlaktes
|
|
Met die
kreun van ossewa.
|
|
Ruis
die stem van ons geliefde,
|
|
Van ons
land Suid-Afrika.
|
|
Ons sal
antwoord op jou roepstem,
|
|
Ons sal
offer wat jy vra:
|
|
Ons sal
lewe, ons sal sterwe,
|
|
Ons vir
jou, Suid-Afrika.
|
|
Second verse
|
|
In die
murg van ons gebeente,
|
|
in ons
hart en siel en gees,
|
|
In ons
roem op ons verlede,
|
|
In ons
hoop op wat sal wees.
|
|
In ons
wil en werk en wandel,
|
|
Van ons
wieg tot aan ons graf.
|
|
Deel
geen ander land ons liefde,
|
|
Trek
geen ander trou ons af.
|
|
Vaderland,
ons sal die adel,
|
|
Van jou
naam met ere dra:
|
|
Waar en
trou as Afrikaners,
|
|
Kinders
van Suid-Afrika.
|
|
Third verse
|
|
In die
songloed van ons somer,
|
|
in ons
winternag se kou,
|
|
In die
lente van ons liefde,
|
|
in die
lanfer van ons rou.
|
|
By die
klink van huw'liksklokkies,
|
|
by die
kluit-klap op die kis.
|
|
Streel
jou stem ons nooit verniet nie,
|
|
Weet jy
waar jou kinders is.
|
|
Op jou
roep sê ons nooit née nie,
|
|
Sê ons
altyd, altyd ja:
|
|
Om te
lewe, om te sterwe -
|
|
Ja, ons
kom, Suid-Afrika.
|
|
Fourth verse
|
|
Op U
Almag vas vertrouend
|
|
het ons
vadere gebou:
|
|
Skenk
ook ons die krag, o Here!
|
|
Om te
handhaaf en te hou.
|
|
Dat die
erwe van ons vadere
|
|
Vir ons
kinders erwe bly:
|
|
Knegte
van die Allerhoogste,
|
|
Teen
die hele wêreld vry.
|
|
Soos
ons vadere vertrou het,
|
|
Leer
ook ons vertrou, o Heer:
|
|
Met ons
land en met ons nasie
|
|
Sal dit
wel wees, God regeer.
|
So n bietjie waarheid van Suid Afrika (Geskiedenis) Nie die k@k wat hulle jou kinders vandag leer nie. Die Waarheid maak seer
Thursday, 31 December 2015
Die eenigste "Stem" van Suid Afrika
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment