Thursday 23 April 2015

Die Gelofte van Jan van Riebeeck, 6 April 1654

Hier volg die gelofte van Jan van Riebeeck:


Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die HERE gelei, met die skepe Drommedaris, Reyger en De Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters Here XVII – die Direkteure van die VOC te bou en te bestendig, en opgelet dat God die HERE alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, daarom het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6de April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot ‘n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die HERE wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.


Here XVII – die Direkteure van die VOC 
Die Here Sewentien is die naam gegee aan die beheerraad van die Verenigde Oos-Indiese Maatskappy (VOC).
Die stede, Amsterdam, Rotterdam, Delft, Enkhuizen, Middelburg en Hoorn is in die VOC, as ses kamers verteenwoordig. Elke kamer het 'n aantal afgevaardigdes gehad wat op die beheerraad gedien het. Die raad het bekend gestaan as die Here Sewentien (Here XVII).
Die Here XVII het gewissel (soos 'n Direksie van 'n maatskappy vandag) en was gekose uit eie midde deur die verskeie kamers. Van die lede was 6 uit Amsterdam, 4 uit Zeeland (Middelburg), 1 uit Delft, 1 uit Hoorn en 1 uit Enkhuizen. Die verdeling was vryelik gebaseerd op die kapitaal wat uit die streke gekom het na die koffers van die VOC. Die 17de lid was altyd toegevoeg duer 'n kamer anders as Amsterdam, om te verhoed dat die Amsterdamse kamer nie die bestuur oorheers nie.
Vergaderings is aanvanklik twee maal per jaar gehou en later drie maal per jaar. Die vergaderings was geroteer - 6 jaar agtereenvolgens in Amsterdam en dan twee maal agtereenvolgends in Middelburg.

3 comments:

  1. The reason South Africa is in the trouble it is...is because the COVENANTS we made with God Almighty was broken... THREE NATIONS only, were established through COVENANTS with God... Israel, the United States of America and South Africa...and all three broke their Covenants... Israel went into exile...the USA has had the harbingers come upon them which were so noted in the book "The Harbinger" written by Jonathan Cahn... and South Africa has become a failed state... Here is what the Lord God Almighty has to say to these three nations... 2 Chronicles 7:13-14 "If I shut up the heavens so that there is no rain, or if I command the locust to devour the land, or if I send pestilence among My people, and My people who are called by My name humble themselves and pray and seek My face and turn from their wicked ways, then I will hear from heaven, will forgive their sin and will heal their land. GOD WILL NOT BE MOCKED!!! HUMBLE YOURSELVES IN THE SIGHT OF THE LORD AND HE WILL LIFT YOU UP!

    ReplyDelete
  2. I so agree with your words above, thanks.

    We need to be on our knees more often than not.

    ReplyDelete