

Van Riebeeck vul al vanaf 1639 'n aantal poste by die VOC: eerste vertoef hy in Batavia as dokters-assistent, waarna hy Japan besoek. Sy belangrikste pos was as hoof van die handelspos in Tonkin, Viëtnam, maar hy word teruggeroep nadat dit aan die lig kom dat hy homself aan private handel skuldig gemaak het. In 1651 word hy uitgestuur om 'n verversingstasie in te rig by die Kaap die Goeie Hoop aan die suidpunt van Afrika.


Van Riebeeck bly die leier van die kolonie tot 7 Mei 1662, toe hy na sy nuwe amp in Batavia vertrek. Hy is deur Zacharias Wagenaer
opgevolg as kommandeur van Kaap die Goeie Hoop.
Sy geboortehuis in Culemborg is tans 'n eiendomsagentskap.
Jan van Riebeeck is van kulturele en geskiedkundige betekenis vir Suid-Afrika. Hy word deur die Afrikaners beskou as die grondlegger van die Afrikanervolk. Dit het onder meer uiting gekry in die feit dat sy gesig op posseëls en die Suid-Afrikaanse banknote en munte verskyn het van die 1940’s tot 1993 toe die Suid-Afrikaanse Reserwebank die Suid-Afrikaanse geld na ’n apolitiese ontwerp van die fauna en flora van die verskillende streke verander het. Die beeld wat op die Suid-Afrikaanse banknote gebruik is was waarskynlik nie dié van Van Riebeeck nie, maar van Bartholomeus Vermuyden.

Die wapen van die stad Kaapstad is gebaseer op die Van Riebeeck-familiewapen.
Baie Suid-Afrikaanse dorpe en stede en strate na hom vernoem. Riebeek-Kasteel is een van die oudste dorpe in Suid-Afrika en is 75 km vanaf Kaapstad geleë in die Riebeek-vallei saam met Riebeek-Wes, sy susterdorp.
Hoërskool Jan van Riebeeck is ’n Afrikaanse hoërskool in Kaapstad.

No comments:
Post a Comment