
Suid-Afrika het een van die oudste
argeologiese terreine in Afrika. Uitgebreide
fossieloorblyfsels by die Sterkfontein-, Kromdraai- en Makapansgatgrotte dui aan dat verskeie lede van
Australopithecus in Suid-Afrika gewoon het vanaf ongeveer drie miljoen jaar gelede. Hulle is gevolg deur verskeie
Homo-spesies insluitend
Homo habilis,
Homo erectus en die moderne mens,
Homo sapiens.

Bantoe ystergebruikende landbouers en veewagters het teen die 4de- of 5de eeu suid oor die Limpoporivier in hedendaagse Suid-Afrika in beweeg (die Bantoe-uitbreiding). Hulle het stadig verder suid getrek, waar die vroegste ystergieterye in die hedendaagse
KwaZulu-Natalprovinsie uit ongeveer 1050 gedateer word. Die mees suidelike groep was die
Xhosa wat tot by die
Groot-Visrivier getrek het, wat vandag in die Oos-Kaapprovinsie lê. Die ystertydperkgroepe het vroeëre jagter-versamelaargroepe verplaas soos hulle suid getrek het.
No comments:
Post a Comment