Wednesday 29 April 2015

Voortrekkers


Die Voortrekkers het tydens die Groot Trek vanaf 1836 vanuit die Kaapkolonie na die binneland van suidelike Afrika getrek. Meeste trekkers het met hulle hele gesin en al hulle besittings, vee en werkers ingesluit, vanuit die Oos-Kaap met ossewaens getrek. Die rede vir die massa-migrasie is steeds nie heeltemaal duidelik nie. Dit word gemeen dat die Frans-Nederduitse setlaars ongelukkig was oor die Britse regering se hardkoppigheid en hul streng beleid. Dit word ook gemeen dat die natuurlike weiding van die Transvaal en Natal meer aanloklik as die Kaap en die droë Karoo was.
Van die vernaamste leiers was Piet Retief, Gerrit Maritz, Andries Pretorius, Louis Tregardt, Hendrik Potgieter, Sarel Cilliers en Piet Uys.
Onder leiding van Gerrit Maritz en Piet Retief het 'n groep voortrekkers na Natal getrek in die rigting van die huidige hoofstad, Pietermaritzburg. Hulle het onderhandel met die leier van die Zoeloes, die regerende stam in daardie gebied, om 'n stuk grond te verkry. Die leier van die Zoeloes, Dingaan, het die Voortrekkers toe om die bos gelei met die transaksie; 'n groot groep trekkers, waaronder Piet Retief, is deur Dingaan laat vermoor. Later is die oorlewendes deur 'n oorweldigende Zoeloemag aangeval te Bloedrivier (vandag Nacome-rivier). Die Voortrekkers het egter die Slag van Bloedrivier gewen en later stig hulle die Republiek van Natalia. Dié is later deur die Britse Ryk oorgeneem.
Teenstrydig met algemene denke was die Voortrekkerbeweging in die 1840's/1850's nie 'n wit beweging nie, maar wel 'n wit-geleide beweging. Daar was menigte 'boere' wie se swart slawe na vryspraak vrywillig saamgetrek het a.g.v. die politieke ongerief in die Kaap.
















No comments:

Post a Comment